| Strydliefde - AC (2018/10/18) |
|---|
Wat sal mens ooit kan verstaan van die seer wat mens verteer Van die onnodige weerstand Wat onsekerheid verbrand Wanneer rukwinde die hartstof Oor die sonsonder uitstrooi Wanneer al Appelblou se liedjies So relevant mens aanhou knou Selfs in die ewige rou Wat is die kanse om heel aan te hou En aan Godgegewe seëninge vas te klou Mens raak sterk Sterker as die vyand Vinniger as die koeël Hardkoppiger as 'n byenes Oopgekrap maar slaggereed Jy leer om te voel Soos verfbalwonde Seervergeetlik deel van jou Soos die geswolle timus Wanneer die malaria jou beetkry Die prys van geluk is duur En vertrouenswaardigheid soveel meer Maar mens sal nooit leer Mens bou op hegte snoere Skiet met roere skouer aan skouer Kouer en kouer die nagure deur En klou vas aan die mooi Wat binne vuurwarm brand En deel dit met die een Wat jou hart verdien Al is dit in stukke Na al daai snikke Is dit die pad Lank in die stof Diep in die hart |
| Bakoor - AC (2017/07/15) |
|---|
Op verpligte vlugte Roer die stilte soveel gerugte So glimlagglinsterende sonsopkoms onder 'n troos 'n vlerk Verstaan mens nou? Selfs na die bedwelmende stikgietdonker nagkou Breek daardie horison se winterkombers en jaag die ysige mis wat dans 'n Vlinderfeetjie vol blink ogies rond Dis jý. Ons vergeet maar van gesteelde karre gesteelde fietse geskeurde hemde en dikvellige mense So stap 'n karakter aan die Natalstrand met verlangende hand en 'n skouer wat net so bietjie van daai aanlê smeek. Op die spoor van verlore vriendskap, verlore tyd maar dis hoe mens leer verstaan. Blinkste klippe en 'n koffie 'n tee 'n koffie Vreemdelingresiger in Samaritaanhande Dankie is nie genoeg nie. Maar die aanskuur die nagure in duur voort. Brak ontwyk. 'n Lewe gespaar. Maar net vir die oulik daar deur die Goue Poort draf die bakore al luisterend voort. Inspireer my om berge te verslaan Derduisende dekselse knapsekêrels die loef af te steek. Loop my oor 'n mik om die slote te ontlont. Maar op die pad net toe die droogbek winter knagend raak. Verskyn daar uit die bloute 'n bergtop windpomp wat water van aarde skei soos net 'n Skepper kan. Bakoor sal ek luister En stywe stywe drukkies fluister Jy mensie moet net jou toespits en myrabele woordjies sal dalk hul vlug tot by jou oortjies vind. |
| Verlate rate - AC (2017/05/30) |
|---|
Verlate rate val vêr oor skemerkoue nimmermeer. Hier in die tronk is 'n hart vasgekeer uitgemergel sonder keer. Wyk hul speletjies dan ooit? Al wat wonder; Is die wonderlike jý orraait? Hier langs die voetheuwels Hemels het die mis verys net daar waar die stofwolk 'n warrelwind nie eens sy draai kon vind. Oneindige stegies maalkolke van verlang en soek na die liefde wat gloedig twee rooi wangetjies pamperlang. Sien tog uit - leef voluit Asseblief jý - gawe die gawes uit soos jý - net jý kan. Deur geloof deur respek deur integriteit en trots seëvier die liefde deur en deur soos die rots waarop jy sit beeldskoon onvoorpots. |
| Korrels - AC (2017/04) |
|---|
As jy ooit wonder waar jy jouself bevind. Dink tog aan 'n liedjie bemind. Daar is net hardloop aan die strand se wand. En inspirerende note wat klink. Van uitkyk oor die wit perdjies vlam buoy aan't In al daai sand is daar een kans op hoop Hope vol mooi drome Van twee verlore siele wat mekaar bind hand aan hand Stap maar jou spore diep in die land want snags as die krieke stil swyg hang daar altyd maar so paar sterre daarbo. Jou hart is betower - jou handjies tas rond in fyn druppels mistige reën. Wees asseblief tog glimlagbly. Iewers langs die pad sal hy jou kry. |
| Spokie - AC |
|---|
Jý spokie Jý né, wat in elke droom elke gedagte by my kom spook elke oomblik vasgevang in jou onweerstaanbare strikkie... Jý wat my onverwags net keer op keer herinner dat my beheer al lankal al die pad gevat het. Die lang pad bos toe Die lang pad op en af met die taaiste bulte wat die stad ooit kon wens om op te lewer en dan nog steeds aanmaan... dat dit kan beter? Die lang pad anderkant die Mooinooi waar dié mooisté nooi brilloos bene regmaak vir die vinnigste blinde dubbelom wat jý jou kan indink. Jy wat hier naas my skouer kom lieftallig kussing maak al blaas jy nog spookasem soos 'n arme wesie aangewese op net jou beste gee om jóú vryheid in te palm. Verlore in jou droomverhaal vol van onverklaarbare toordery. Ook elke ding heeltemal andersom Mes en vurk, woord en prent, skiet en aanlê aan my sy, ai jý - hou net aan baklei! |
| Reën - Bosmeisie |
|---|
Wolke met skakerings van herinnering en verlange wat stuk-stuk versigtig aan mekaar raak... Totdat die aantrekkingskrag oorneem en daar gevlerksleep word met 'n stywe omhelsing. 'n Skielike verblindende lig - vinnig, onvergeetlik, asemrowend... Die druppels val een-een- vir een gevolg deur 'n gerinkink op die sinkplaat dak Alles in harmonie soos vingers oor die note van 'n klavier Al trou jakkals met wolf se vrou Speel natuur hierdie fasinerende melodie. note wat troos note wat kalmeer note van pure genot... Die betonoerwoud raak weg, terwyl dapper vuurwarm kaalvoet tone een word met yskoue modder-poele. Jou hart bewonder die ritme en jy bevind jouself gelukkig, papsopnat en besig om te dans. 'n Reënboog wat deurskyn as herinnering... Nuwe lewe ontvlam met 'n nuwe begin. En ons moet koffie drink soos die kan hom skink. |
| Watermuis - AC |
|---|
Die Volkies van die verre Oos-Transvaal Meen dat daardie huisies wat Diep onder die vloedige water skuil Eens op 'n tyd mooitjies voorberei is Vir hom wat onder die water woon. Die grote damme tussen die berge fraai het almal hierdie legende gebaar. Al wat daar onder groei is vis, alg en watergras... Maar wat sou die dan kou, bitterkaas? Dit is dalk half watermuishondnaam, maar geen hond word hier haaraf gemaak nie. Hulle bang hom soos nag! Sy Huis onderwater is groot in prag. Lank voor dambouer se droom kon vaar. Vrees is tog so groot soos die gedierte in vlees. Kan dit dalk 'n verdwaalde seekoei wees? Wat in lang stroke V loop soos hy op die bodem baljaar. En dan met twee ogies ver uitmekaar daai koppie met die twee koddige Oortjies draai na die niksvermoedende dameiland vissermans wat kaplaks 'n vistok laat dat die katrol homself bemodder maak. Pasop maar vir die Watermuis, Die stories is dalk lank van stert maar die wie nie wegloer nie se lewetjie kort van draad. |
| Trooswatte - AC |
|---|
'n Traan uit die wit wit watte Eensklaps 'n bliksemstraal. Maar wag daai woorde. Daai lied. Wat deur die susreën weergalm Oor stilte. Nou sous dit eens. Kan nie keer nie en die mis trek toe, nie eens 'n sonstraal dring deur nie. Dankie vir dit wat voed en verkwik en als wat deurspek van mozzerella tog bittersoet hierdie siel hernu. Vas vas sal ek klou aan die seerste bobbejaan tou, en kerf wat in die pad is; hierdie oerwoud sal ons deur. Daar langs die verskanste poel waai die wind skerts maar kalm aan die dryfmis - op die water heen speel 'n stil stil deun. Het jy dan jou identiteit gevind - jou dryfveer in die stryd? Een van die dae sal jy lagkry aan die verlang, angel wat voete laat swel soos harte wat kwel. Als is nodig en tog so onnodig. Maar nou. Hier is dit hef in die hand, ai hierdie land. So mooi maar bevrees? Vir wat? 'n Wetterlike weerligslag wat wetter uit die wit wit watte? Alweer? Aggenee... |
| In die kern van 'n warrelwind - Bosmeisie |
|---|
Wéét jy dat ek verlang na ons gesprekke, liefdes kyke, oë wat verstaan, die oomblik in ons drukkie, met my kop teen jou wang? Ons samehorigheid is 'n kuns onverklaarbaar, uniek met gedagtes in samewerking soos die maan met die sterre - doen die lewe ons 'n guns... Ek sien jou in die natuur se prag, jou kamera gereed, jou sak gepak en daar tussen die bome sit jy glimlaggend vir my en wag. In die kern van 'n warrelwind is die wêreld aangenaam, dis jóú effek op my. Ek en jy het mekaar gevind in die wêreld se warrelwind... |
| Bosvlam - AC |
|---|
Fyn klein peper jy, Die woorde, die glimlag, Die styf-styf vashou aan my? Wat wonder ek Het ons hier staan gemaak. Dat so klein bietjie liefde so diep kan raak. Jy is so onmoontlik om te vermy so onmoontlik om verby te kyk so onmoontlik Moeilik. Jy sien die onsigbare en tog wys jy niks - bog Tot ek langs jou gaan sit Dat so baie omgee in so lyfie kan pas netso. Té veel tralies Té veel mure Té veel wagte En aangegiste sure. As jy maar net kon spring tot anderkant die Bewermaan en daai lieflike stem soos 'n lem laat sidder. Jy begin soms saggies sing net hard genoeg dat die hartsnare in ritme moet bybly. Weet jy, eintlik is jy vry! Bosvuurvlamme, aangehits deur warrelwind goed gesoute veldkos Sy aan sy aan sy is aan die brand. |
| I can't quite get you - AC |
|---|
I can't quite get you out of my head I can't quite get you out of my heart We've set this car into motion Devotion or entangled in notion? Getting so close it's off the charts Dangling on a piece of string Ever, ever be there some equilibrium Hold on, hold on for what it's worth is more, is more than we can handle on our own. Oh how we moan too soon too much too fast. Stop, relax and catch. Loaded hook and cast. I can't quite get you out of my head I can't quite get you out of my heart Let's drive until the lights come out to play and stay. |
| Skrikbang bergies - AC |
|---|
As bergies kon bangwees en pikkewyne kon vlieg sou dit reën in die winter en wolkies sou val. As drukkies kon heelmaak en kyke kon verlam was jy aan die anderkant van 'n merske dam. As kathare kon skuil in neusies wat kielie en glimlaggies kon sny soos 'n lepel deur jelly was jy naby selfs in die ver daar waar die swart skapies blêr. |